Laboria (gestig in 2016), lewer onder andere die volgende arbeidsreg dienste. Ons dienste, bekend as Laboria, maak voorsiening vir die volgende nasionaal:

  • ’n Volledige oudit na aansluiting ten einde seker te maak dat u besigheid oor standaard dokumentasie soos ’n dissiplinêre kode, herstel van griewe, klagstate en dies meer beskik en in geval van arbeidshof hersiening of opstelling daarvan is dit deel van die aanbieding.
  • Opleiding op ’n nasionale basis aan u bestuurders of genomineerdes om seker te maak hul verstaan die proses wat gevolg moet word tydens die opstelling van ’n klagstaat, betekening daarvan op die beskuldigde indien nodig met die gepaardgaande verduideliking van sy regte en getuies later benodig et cetera.
  • Die hantering van dissiplinêre ondersoeke by u aangeduide werksplek.
  • In geval van ontslag en verwysing na die KVBA (CCMA) teken ons beswaar aan teen die “Con/Arb” proses en gaan net eers voort met konsiliasie vir strategiese redes en begin terselfdertyd voorberei vir die komende arbitrasie.
  • Die hantering van die arbitrasie word deur ons waargeneem omdat ons en u ’n lid word van ’n werkgewersorganisasie, die GDPEO.
  • Unie onderhandelinge.
  • Stakings hetsy wettig/onwettig, beskerm of onbeskerm.
  • Verwysing van die KVBA (CCMA) uitspraak op hersiening indien daar meriete bestaan om dit wel te doen.

Bo en behalwe bogenoemde dienste ondersteun ons u ook met betrekking tot die volgende administratiewe en logistieke aangeleenthede:

  • Ons is 24 uur per dag beskikbaar om u van advies te voorsien.
  • Ons logistieke stelsel maak voorsiening vir optrede binne 72 uur nadat ons die versoek van u ontvang het. Sou u egter ’n korter reaksietyd benodig kan dit vooraf met ons gereël word.
  • Ons hou heeltyd uitgawes by en lig u aan die einde van elke kalendermaand in van hierdie gelde maandeliks deur u ontvang teenoor hoeveel gelde gebruik is om professionele en aktiewe dienste aan u te verseker.
  • Sou dit gebeur dat daar ‘n toekenning teen u gemaak word eis ons hierdie gelde terug vanaf ons onderskrywer wat toekenning namens u betaal op die volgende basiese voorwaardes:
    1. Ons moes betrokke gewees het vanaf die aanloop van die saak.
    2. U moes ons aanbeveling volg ten aansien van skuldig/onskuldig sowel as die sanksie wat ons die beskuldigde voorstel opgelê te word deur u as werkgewer.

Koste - Ons huidige kostes beloop as volg:

  • R 50-00 per maand per werknemer. Ons versoek maandeliks ’n naamlys van al u aangestelde werknemers aangesien dit die bedrag betaalbaar bereken tesame met die
    R 500-00 maandfooi. Byvoorbeeld – As u 100 werknemers het, betaal u R 5000-00 (R 50-00 per werknemer) sowel as die R 500-00 maandelikse administrasiefooi.
  • Ons aansoekvorm wat u moet voltooi om van die dienste gebruik te maak, maak voorsiening vir verskillende betaaldatums per maand waarvan u die opsie kan kies wat u die beste sal pas

Laai Aansoek Vorm Af